BEGIN OPWARM VIR DIE 8STE SPORT FEES

Die jaarlikse Mosselbaai Sport en Rekreasiefees vin vanjaar vanaf 14 September – 12 Oktober 2019 plaas. Atlete en sportklubs van regoor die land heen word op Mosselbaai verwag, wat aan meer as 30 sportkodes sal deelneem.

Inwoners en besoekers kan veral uitsien na aksiebelaaide sport en sportmanskap op en van die veld af. Van die hoogtepunte sluit in: PetroSA-marathon, Moss March-pretloop, KFC Punt Krieketfees (die grootste in die land) en die tweede Burgemeesterkopetiesie cir landelike spanne (rugby, netball en sokker).

Vir meer inligting kontak Mosselbaai Munisipaliteit by (044) 606-5000 of e-pos: admin@mosselbay.gov.za

Die volgende vergadering vind op Dinsdag 21 Mei 2019 plaas. Almal welkom.