Kleur jou kop vir Kansa

Dis weer tyd vir een van Kansa se gewildste en prettigste fondsinsamelingsgeleenthede – die Kansa Shavathon.

Vanjaar word die geleentheid vir die vyftiende keer aangebied, vanjaar onder die tema, Loud in colour.

Op 23 en 24 Februarie word plaaslike winkelsentrums geteiken.

Neem gerus deel gedurende jou inkopietyd in die Mosselbaai of Langeberg Mall.

Volwassenes kan deelneem aan hierdie verdienstelike fondsinsameling teen ‘n donasie van R50 en kinders onder 12, teen R25.

Diegene wat ‘n Shavathon by die werksplek wil aanbied, kan so maak vanaf 26 Februarie tot 2 Maart.

Vir meer inligting, kontak Minette van Zyl (044 874 4824 of 082 443 3601) of stuur ‘n epos na mvzyl@cansa.org.za.