Little Einstein’s – ʼn Dag om te onthou vir oud en jonk!

Die Gr.RRR & Gr.RR klassie van Little Einsteins Educare Kleuterskool het op Lentedag saam met die Skoolhoof Isobel Vermeulen, Juffrou Lizl van der Westhuizen en Assistent Juffrou Heike Fourie by Groenkloof Aftreeoord besoek afgelê.

Elke kleuter moes ‘n bossie blomme skooltoe bring, gepluk uit hul tuin of gekoop. Kleuters was geklee in vrolike lentedagkleure en het deur Groenkloof se paadjies en gange gewikkel en al die ou mensies gegroet en blomme uitgedeel. Die inwoners was aangenaam verras en verheug oor die “klein” besoekers. Little Einstein’s Educare Kleuterskool is een van 24 skole regoor die land, wat gekies is vir Kleuterzone KyknetNou se 2017 TV-opname. Op 29 Augustus het die TV-span die skool besoek en ook die pragtige skoolkonsert die aand opgeneem. Ons kosbare kleuters, ouers en die publiek was deel van die produksie en TV- opname. Die Skoolhoof en eienaar Isobel Vermeulen kan baie trots wees op hierdie jong skooltjie in die hartjie van Groot Brakrivier.