Skryf in vir bergfietsren

Inskrywings vir die 2018 Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge is oop.

Die bergfietsren sal op 29 September plaasvind.

Ladismith Kaas is die hoofborg, met Dryland Event Management die organiseerders.

Die hoofitem van die dag is die gewilde 85 km-ren wat die fietsryers deur die Seweweekspoort neem.

Bergfietsrenne van 43 km en 29 km is ingesluit by die dag se fietsry. Beide hierdie korter afstande sluit skoolkompetisies in, na die suksesvolle 2017-kompetisie, waar skole as deel van ‘n loodsprojek in diea 29 km-ren meegeding het.

Op Vrydag 28 September word twee drafitems oor 6 km en 12 km aangebied.

Die eerste 150 inskrywings vir die 85 km- en 43 km-renne sal ‘n Biogen-sak met verskeie items in ontvang.

Alle inskrywings vir die 85 km- en 43 km-renne, voor 31 Desember, sal ‘n 7Weekspoort-bergfiets pet ontvang.

 

Die 85 km-ren neem deelnemers deur die 7Weekspoort. Foto’s Oakpics.com

Vir aanlyninskrywings kan die webtuiste www.7weekspoortmtb.co.za besoek word.

Die Facebook-blad is Ladismith Cheese 7Weekspoort MTB Challenge en die twitter adres @7WeeksMTB.