Survivor-ster op voorblad

BLOSS-tydskrif het Sondag, 14 Desember hul November/Desember-uitgawe met die tema Die kind in my se voorblad in Mosselbaai geskiet.

Die voorbladnooi is Katinka Oosthuizen, Mosselbaai se eie sosiale media-beïnvloeder.

Katinka het oornag bekendheid verwerf danksy haar deelname aan die afgelope seisoen van die Survivor SA-reeks. Katinka die Kat, soos sy bekendstaan is ook aangewys as een van 10 jeugbeïnvloeders van BLOSS-tydskrif se nuwe “babatjie” wat vroeg volgende jaar op die rakke gaan wees naamlik, BLOSS Youth vir jong vroue tussen die ouderdom van 16 en 19.