Tee en koffie ten bate van demensie

Tee en koffie ten bate van demensie

Aangesien September die bewusmakingsmaand is vir Alzheimer se siekte, het Huis Elsjè dit goed gedink om ‘n veldtog te loods asook om fondse in te samel vir die tehuise. Die tema is Cuppa Memories.

Die gedagte rondom die gekose tema is, dat inligting onder mekaar oor ‘n koppie koffie uitgeruil word.

Cuppa Memories het ten doel om hulde te bring aan diegene wat nie meer kan onthou nie.

Verskeie koffiewinkels in Mosselbaai ondersteun die projek insluitend Fearless Coffee, Joan’s Bloemiste, Baruch’s Coffee’s en Fynbos Shoppe.

“Ons nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by Cuppa Memories ten bate ACVV Huis Elsjè deur heerlike koffie te geniet by hierdie koffiewinkels. Die projek het reeds op 17 September ‘n aanvang geneem,” nooi Nakkie Zerwick van die ACVV.

Gemerkte donasieblikkies sal by die koffiewinkels wees waar bydraes gemaak kan word.

Vir meer inligting, kontak Nakkie (044 690 3144).