Under Awearness

Wees deel van hierdie uitsonderlike projek!image

Hierdie projek is deur die GrootBrak ATKV-tak geloods om mense bewus te maak van die groot behoefte wat bestaan vir volwasse doeke.  Daar is vasgestel , dat daar sowat 150 mense by 10 instansies in die streek is wat weens verskeie gesondheidstoestande afhanklik is van volwasse doeke.

“n Mens kan nou reageer en sê dat dit ‘n droewige projek is , maar die klem val juis op die feit dat met hierdie eenvoudige hulpmiddel  mense weer vryheid van beweging kan ervaar.

Dit is ook waarom daar besluit is om motorfietsryers,  fietsryers,  motoriste (ook natuurlik OU karre) en stappers te betrek, aangesien hulle almal die Vryheid van Beweging ervaar en  waardeer.

Op 13 November 2016 word daar by Frango’s  tussen 11:00 en 14:00 ‘n byeenkoms gehou vir almal wat  “Vry is om te RY”.  Deur ‘n donasie van R100 te gee kry die donateur ‘n boereworsbroodjie en koeldrank en is in die gelukkige posisie om ‘n finansiële bydrae vir hierdie positiewe projek te maak.

Die instansies wat sal baatvind is:

Groot-Brakrivier: Kliniek en Tuisversorgingsgroepe

Friemersheim: Kliniek en Tuisversorgingsgroepe

Mosselbaai: Benevolent Park en Ons Huis

Oudtshoorn:  Tuishuis en Coronation

George:  JJ Watson en Bethesda

Kom ons vier ons Vryheid van Beweging en bied aan ander ook die geleentheid!

Vir meer inligting skakel

Vissie by 082 944 0697

Marianne by 076 025 0153

Lourens by Frangos 082 577 0634

Sien asb die aangehegte poster vir die Groot Brak-ATKV tak se fondsinsameling op 13 November.

Hoop om julle daar te gesien!

Groete

Marianne