LIGHTS & LANTERNS

lights-n-lanterns-kaartjie-kers

 

Die “Lights & Lanterns” –skouspel wat op 21 Desember om 19:30 langs die rivieroewer oorkant die Groot Brak Polisie kantoor plaasvind, is ‘n eerste vir Groot Brakrivier.

The intent is to focus on the celebration of kindness, compassion, gratitude, generosity and the will to do good.  With these candles we will be spreading a message to all who will be touched by this symbolic gesture of collective positive energy.

Slegs 21 dae is oor om ‘n kers en boodskap kaartjie teen R15.00 by TOTAL Groot Brakrivier, Klipheuwel Padstal (Klein Brakrivier) en Frangos Groot Brakrivier te koop.

Elkeen word uitgenooi om ‘n boodskap te skryf en dié aand word die kaartjies opgehang en die kerse te water gelaat.

“Lights& Lanterns” is alleenlik moontlik wanneer individue betrokke raak, ‘n formidable span vrywilligers inspring en deur die ontvangs van ruim skenkings van TOTAL Groot Brakrivier, Mikeva Cash & Carry (Mosselbaai), Safari Outdoors & Braai (George) en SPAR (Groot Brakrivier).

Mosselbaai Munisipaliteit se Elektriese Afdeling het die voortou geneem deur lamppale en ‘n krag punt op die terrein aan te bring. Parke, Gesondheid, Brandweer en die Verkeersafdeling lewer elkeen ‘n waardevolle inset die betrokke aand.  Suiderkruis Sekuriteit sal ‘n oog hou oor veiligheid.  Mosselbaai Toerisme, Great Brak River Webwerf, en Groot Brak Info kantoor se bemarking was ongelooflik.  Die Great Brak Post is die amptelike media borg vir hierdie feesgeleentheid.

Sonder die gesamentlike bydrae van ‘n gemeenskap en vakansiegangers, nie net in woorde nie, maar in sigbare dade sal ‘n ondernemingsgees soos hierdie nie aangepak kan word nie.

Families en vriende kan langs die oewer met hul piekniek mandjies die drywende vlotte met 500 brandende kerse aanskou.

Become a bearer of “light” in the Great Brakrivier community; and participate in the celebration of kindness, compassion, gratitude and the will to do good.

Vir verdere inligting of navrae kan Laurinda Smit geskakel word by 044 6203144.