Anton Smit Sculptures in Great Brak River

ANTON SMIT-BEELDE IN GROOT-BRAKRIVIER

8 Desember 2021 was ’n heuglike dag vir kunsliefhebbers in die Tuinroete. Na maande se beplanning as deel van ’n toerisme-inisiatief vir Groot-Brakrivier, is agt van die wêreldbekende beeldhoukunstenaar, Anton Smit, se beelde in dié pragtige dorpie opgerig as deel van ’n nuwe kunsroete. Die projek is geïnisieer en gelei deur plaaslike inwoners van Groot-Brakrivier, Laurinda Smit en Heleen Coertze. Kundai Zinyengere en vyf assistente uit Kaapstad het die beelde geïnstalleer.

Met die Groot-Brakrivier en see as agtergrond het vier van die beelde, naamlik Crouching Man, In Moment – Series V, In Moment – Series 11 en Die Verlange – in Morrisonweg hul staanplek gekry, oorkant die Transkaroo- en Opispoor-restaurante. Nog drie beelde – Agape – Effervescent Series – is in Langstraat opgerig oorkant die Peperboom-restaurant. Nie ver hiervandaan nie pryk Facets II – Bark by Art@39Long. Hierdie beelde sal vir minstens drie jaar in Groot-Brakrivier te siene wees. Addisionele toevoegings in 2022 word reeds in die vooruitsig gestel om die beeldhouroete uit te brei.

Anton Smit se werke vorm deel van openbare en privaat versamelings regoor Suid-Afrika en internasionaal. Om van sy unieke werke hier te kan uitstal, is ’n onbeskryflike voorreg en van onskatbare waarde vir die omgewing, sy mense en besoekers. Hierdie beelde dien as inspirasie, as uitbeeldings van hoop, van kommunikasie en betrokkenheid by die toeskouer en beslis as bewys dat niks onmoontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan om ’n droom te bewaarheid nie. Dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

Vir meer inligting oor Anton Smit, sy werke en die beelde wat in Groot-Brakrivier uitgestal is, besoek sy webwerf https://www.antonsmit.co.za/

ANTON SMIT SCULPTURES IN GREAT BRAK RIVER

8 December 2021 was a memorable day for art lovers in the Garden Route. After months of planning as part of a tourism initiative for Great Brak River, eight works by world-renowned sculptor, Anton Smit, were erected in this picturesque town as part of a new art route. The project was initiated and managed by locals Laurinda Smit and Heleen Coertze. Kundai Zinyengere and five assistants from Cape Town installed the sculptures.

With the Great Brak River and ocean as the backdrop, four of these sculptures –  Crouching Man, In Moment – Series V, In Moment – Series II and Die Verlange  – can be viewed in Morrison Road, opposite the Transkaroo and Opispoor restaurants. Another three sculptures – Agape – Effervescent Series – were installed in Long Street opposite Peperboom restaurant. Just down the road Facets 11 – Bark can be viewed at Art@39Long. These sculptures will remain in Great Brak River for at least three years. Adding sculptures during 2022 to expand the current art route is in the pipeline.

Anton Smit’s works form part of public and private collections throughout South Africa and internationally. To be able to exhibit his unique work here is an enormous privilege and of immeasurable value to the area, its people and visitors. The sculptures represent hope, communication and involvement with the viewer, and proves without a doubt that nothing is impossible when a community stands together to make a dream come true. Thank you to everyone who made this possible.

For more information about Anton Smit, his work and specifically the sculptures that are on display in Great Brak River, visit his website at: https://www.antonsmit.co.za/