Bederf jou brakkie

Elke jaar op 16 Desember kry honde-eienaars die geleentheid om saam met hul honde aan ‘n pretstap op Suiderkruisstrand by Groot Brak deel te neem. Vanjaar leef hierdie tradisie voort.

Dié jaarlikse uitstappie is ‘n georganiseerde geleentheid en word gedoen met die ondersteuning en toestemming van die Mosselbaai-munisipaliteit.

Die plaaslike welsynsorganisasie CAWS 4 PAWS reël die uitstappie wat ook as ‘n geleentheid gebruik word om die strand skoon te maak. Deelnemers kry sakkies om die rommel in te gooi terwyl hul honde aan leibande die seelug kan geniet.

Die donasie van R50 per eienaar en hond word gebruik om fondse te genereer vir CAWS 4 PAWS se noodsaaklike dienste aan diere van minderbevoorregtes in die gemeenskap.