Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1994 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.
Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die jaarlikse toer na Israel met ‘n uitstekende Israeliese toer-operateur wat gebruik word. Dit beteken dat bo-gemiddelde vier-ster hotelle en verskeie ekstra’s by die toer ingesluit is. Die gewilde toergids, Nomi Appel, en bus-operateur, Marzuk, word ook die afgelope paar jaar gebruik vir die toer. En dan is die toer se koste heelwat billiker as ander soorgelyke toere wat aangebied word.
Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!