Van Dyk Toere is begin deur Gerhard van Dyk toe hy in 1994 ‘n toer vir ‘n groep van 24 senior-burgers van die Hartenbos-diensentrum na Thailand aangebied het. Sy passie vir reis en om onbekende wêreld-dele met ander te deel het daartoe gelei dat die groepstoere deur die jare vinnig uitgebrei het. Sy seun, Renhard, deel sy passie vir reis en het Toerisme-bestuur gestudeer.

Van Dyk Toere se visie is om die billikste toere in Suid-Afrika aan te bied, sonder om kwaliteit in te boet. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die jaarlikse toer na Israel met ‘n uitstekende Israeliese toer-operateur wat gebruik word. Dit beteken dat bo-gemiddelde vier-ster hotelle en verskeie ekstra’s by die toer ingesluit is. Die gewilde toergids, Nomi Appel, en bus-operateur, Marzuk, word ook die afgelope paar jaar gebruik vir die toer. En dan is die toer se koste heelwat billiker as ander soorgelyke toere wat aangebied word.​

Los al die reëlings en stres vir ons en geniet ‘n unieke groepstoer, met genoeg vrye tyd om ook jou eie ding te doen!

Opening Hours

Monday

-

Tuesday

-

Wednesday

-

Thursday

-

Friday

-

Saturday

-

Sunday

-

Address & Contact

Our Address

58 Impala, Reebok, Western Cape, South Africa

GPS

-34.074903821229654, 22.16889372467449

Telephone